Slaan oor na produkinligting
12 left
Pekanneut Beskuit 500g
R 79.00
Die eerste een, en steeds die gunsteling.
Dit is die geur waarmee ons meer as tien jaar gelede begin het, en die een wat ons die langste maak.
Die pekanneute word fyn gemaal, nie in stukke gelaat nie. Die dadels en rosyne word geweek en dan ook deurgewerk. Dit is nie ‘n beskuit waar jy nou en dan op ‘n stukkie afkom nie — die smaak sit deur elke hap, van die eerste tot die laaste.
Klapper, granola en spysverteringsemels gee dit sy gewig. Dit is die stewigste van die vier.
Bestanddele
Dadels · pekanneute · rosyne · klapper · granola · spysverteringsemels · koring · suiwelprodukte · eiers · suiker · sout · bakpoeier
Besonderhede
Inhoud: 500 g